Kom vier ons vir altyd dag

Donderdag | 14:00

20 Junie 2024

Bell and Blossom Wedding Venue

Montana

0

dae

0

ure

0

minute

0

sekondes

Ons storie

Ons storie het afgeskop waar Rigardt vir werk vanaf die laboratorium in PE af na die laboratorium in Pretoria verplaas is - die einste laboratorium waar Liza werk. Rigardt het sy hele lewe in PE gebly, toe is dit die skielike trek na die groot stad toe. En so kruis ons paaie in die laboratorium van liefde. Ons ontmoeting was meer as net 'n toeval - dit was die perfekte formule vir werklike chemie.

Rigardt het van die begin af geweet Liza is die een vir hom, terwyl Liza nog onbewus was van hoe die vriendskaplike vonk gaan vlam vat. Ons het van die begin af 'n goeie span gemaak, 'n dinamiese duo in dieselfde roetine, in dieselfde afdeling. Werk het ons bymekaar gebring, en toe ons weer kyk, was ons meer as skofmaats. Rigardt was nie net 'n mede-laborant nie, hy moes maar geduldig wees, en het later erken dat hy van die begin af geglo het dat ons bymekaar gaan uitkom.

Op 'n beeldskone 3 Maart 2023 het ons storie 'n nuwe hoofstuk betree - ons het begin kys.

Hierdie dag is amptelik gemerk as die begin van ons romantiese verhouding, nadat ons onsself versmul het aan geurige sushi. Van daar af het ons besluit om elke maand op die derde 'n sushi 'date' te hê as tradisie om ons liefdesavontuur te vier. Ons noem dit ons "monthiversary".

Die 29ste Desember het Rigardt vir Liza die groot vraag gevra wat alles verander het; om te trou. Dit het afgespeel op sy een suster en swaer se plot met 'n pragtige bos rose en 'n bord vol 'salmon roses', alles in die vorm van 'n hart netjies uitgepak. Die plot is een van die eerste plekke waar ons as 'n paartjie saam spandeer het. Dit was juis hier waar Liza besef het dat Rigardt werklik halsoorkop is, want hy was self bereid om op 'n perd te klim - iets wat hy eintlik glad nie doen nie. Almal sê dat trou nie perdekoop is nie, maar in ons geval is die liefde perde-klim, want almal het geweet dit is ware liefde nadat Rigardt bereid was om vir Liza op 'n perd te klim.

En so stap ons hand aan hand na die volgende avontuur in ons storie. Ons sien uit om die begin hiervan saam met julle te deel.

Twee Siele Word Een

'n Liefde so sterk, dit het sy eie handelsmerk.

Ons liefde vir mekaar is nie net 'n simbool nie, dit is 'n storie van 'n kleurvolle hart.

Rigardt Muller simboliseer die stralende geel en Liza Willemse simboliseer die passievolle rooi. Dit is toevallig ons gunsteling kleure. Dit oorvleuel in 'n avontuurlustige en ambisieuse mengsel van die twee van ons. Dit verteenwoordig die warm, kleurryke lewe wat ons saam stap.

'n Liefde uniek en vol vuur.

Kleredrag

Semi-formeel en Neutrale kleure

Silver, sagte grys, sand, sjampanje of navy blou.

RSVP

RSVP asseblief teen 13 April 2024.

Geskenk Wenslys

Ons gaan jou teenwoordigheid oorgenoeg waardeer.

Maar as jy voel om iets meer te gee, is kontant die skat wat ons harte begeer.

Bankbesonderhede

Rekeninghouer:

Rigardt Muller

Rekeningtipe:

Tjek

Bank:

Discovery Bank

Takkode:

679000

BIC/SWIFT:

DISCZAJJXXX

Rekening nommer:

17568662496

Vrae?

Ons Gunsteling Aanhaling

"You are all I was hoping for. It's you I'll call my Evermore"

- Hollow Coves

Ons liefde is die storie waaraan ons elke oomblik skryf - ons nooi jou uit om saam met ons die volgende hoofstuk te begin.

© 2024, Liza Willemse & Rigardt Muller